Pukke baljaar weer in Potch
Mon, 26 Jul 2010 10:14:00 +0200
FNB Pukke het Saterdag weer 'n weghol-sege behaal in die 2010 Grand Challenge, hierdie keer oor Raiders op Potchefstroom.
Die Puk het met 53-37 gewen - ná hulle met die rustyd met 36-19 voor was.
Slot en kaptein, Dirco Rautenbach, het weer twee drieë gedruk, met Spanner Pretorius, Ruan Jacobs, Gerhard Nortier, Siya Mdaka, Theuns Kotzé en PJ van Zyl die ander drie-drukkers vir die tuisspan.
Willem Barnard het drie doelskoppe oorgeklits en Ruan Jacobs het een drie verdoel.
Puk se puntemakers: Drieë: Dirco Rautenbach 2, Spanner Pretorius, Ruan Jacobs, Gerhard Nortier, Siya Mdaka, Theuns Kotzé, PJ van Zyl Doelskoppe: Willem Barnard 3, Ruan Jacobs
Deur Kristoff du Plessis
|