News

Varsity Cup - More...

Maties celebrate with another win
(03 Sep 2010)
Shimlas provide true Bok muscle
(03 Sep 2010)
Tannah's new VC challenge
(02 Sep 2010)

Koshuis Rugby - More...

Patriot amongst the pace-setters
(06 Sep 2010)
Nadoes, Cobras in charge - again
(02 Sep 2010)
Onderstepoort, Mopanie kruis swaarde
(01 Sep 2010)

UCT - More...

Nadoes, Cobras in charge - again
(02 Sep 2010)
Ikeys lose out at the death
(01 Sep 2010)
Brache enters the Lions den
(01 Sep 2010)

Maties - More...

Maties celebrate with another win
(03 Sep 2010)
Men in Maroon do it again
(30 Aug 2010)
Maties seeded fifth for Club Champs
(26 Aug 2010)

NMMU - More...

Oceana edge out Oppidani
(18 May 2010)
Two wins for Northerns, Oppidani, Oceana
(15 May 2010)
A win and a loss for NMMU
(17 May 2010)

Pukke - More...

Tannah's new VC challenge
(02 Sep 2010)
It's a Grand ol' Pukke v UJ Final
(26 Aug 2010)
Koshuisrugby uitslae vanaf Potch uit!
(25 Aug 2010)

Shimlas - More...

Shimlas provide true Bok muscle
(03 Sep 2010)
Boom to be unleashed in India
(25 Aug 2010)
'n Groot dag in Bloemfontein
(11 Aug 2010)

Tuks - More...

Onderstepoort, Mopanie kruis swaarde
(01 Sep 2010)
Tuks start Club Champs planning
(27 Aug 2010)
Tuks get set to crown a new champion
(26 Aug 2010)

TUT - More...

Patriot amongst the pace-setters
(06 Sep 2010)
Vikings into the semifinals
(02 Aug 2010)
TUT Vikings win 'Pretoria Derby'
(27 Jul 2010)

UJ - More...

UJ to end their title drought?
(02 Sep 2010)
It's a Grand ol' Pukke v UJ Final
(26 Aug 2010)
Boom to be unleashed in India
(25 Aug 2010)

Maties Interkoshuisrugby aan die gang!

Thu, 22 Jul 2010 07:35:00 +0200

Die stryd om die gesogte Steinhoff Maties Interkoshuis Eersteliga titel skop weer Vrydagmiddag in volle swang af. Nadat die spanne 'n ruskans van meer as twee maande gehad het behoort elke speler uitgehonger te wees om weer 'n rugbybal in die hande te kry.

Die laaste rondte van wedstryde is op 7 Mei gespeel en dit het 'n paar verrassings opgelewer. Helderberg het die toe onoorwonne Huis Marais afgeransel met 24-13 en Elsenburg het 10-10 gelykop gespeel teen die sterk span van Medies.

Uitslae soos hierdie wys weereens hoe sterk hierdie liga is en geen span kan dink hulle gaan maklik punte opstapel teen spanne in laer posisies nie.

Na vier wedstryde is Huis Marais en Helshoogte gesamentlik in die eerste posisie op 15 punte. Dagbreek, Medies en PSO Barbarians is gesamentlik derde op 14 punte met Wilgenhof en Simonsberg kort op hulle hakke met onderskeidelik 12 en 11 punte.

Die groot wedstryd om Vrydag dop te hou sal sekerlik die wedstryd tussen Simonsberg en Dagbreek wees. Beide hierdie spanne was semi-finaliste in 2009 en speel in 2010 steeds goeie rugby. 'n Ander wedstryd wat watertand rugby kan oplewer is die wedstryd tussen Wilgenhof en Eendrag. Na 'n teleurstellende 2009 seisoen het Wilgenhof die dienste van Jake White as afrigter bekom en soos die seisoen aanstap lyk hulle span elke wedstryd beter.

Die wedstryde skop almal Vrydag om 5nm af en word op die Coetzenburg buitevelde gespeel. Die wedstryd tussen Medies en Kolonieshof word op Medies se velde op die Tygerberg kampus gespeel.

Die volledige bepalings vir Vrydag:
Steinhoff Helshoogte teen Steinhoff Elsenburg
Steinhoff Majuba t Steinhoff Huis Marais
Steinhoff Simonsberg t Steinhoff Dagbreek
Steinhoff Helderberg t Steinhoff PSO Barbarians
Steinhoff Wilgenhof t Steinhoff Eendrag
Steinhoff Medies t Steinhoff Kolonieshof

Punteleer:
(Span, gespeel, gewen, punte totaal, punteverskil)
1. Huis Marais 4, 3, 15, 63
2. Helshoogte 4, 3, 15, 18
3. Dagbreek 4, 3, 14, 32
4. Medies 4, 2, 14, 13
5. PSO 4, 3, 14, 12
6. Wilgenhof 4, 2, 12, 18
7. Simonsberg 4, 2, 11, -16
8. Helderberg 4, 2, 9, -2
9. Eendrag 4, 1, 5, -5
10. Majuba 4, 1, 5, -27
11. Elsenburg 4, 0, 3, -28
12. Kolonieshof 4, 0, 0, -78

Deur Abrie van Zyl